Slaan oor na inhoud

Rocky Linux Dokumentasie

Welkom!

Welkom by die dokumentasie-hub vir Rocky Linux; ons is bly jy is hier. Ons het verskeie bydraers wat inhoud byvoeg, en daardie inhoud groei die heeltyd. Hier sal jy dokumente vind oor hoe om Rocky Linux self te bou, sowel as dokumente oor verskeie onderwerpe wat belangrik is vir die Rocky Linux gemeenskap. Wie bestaan daardie gemeenskap uit, vra jy?

Wel eintlik, jy doen.

Hierdie tuisblad sal jou 'n inleiding gee tot die dokumentasie webwerf en hoe om jou weg te vind — ons is vol vertroue dat jy dadelik tuis sal voel.

Beweeg Rond

Nou is jy op die tuisblad van die dokumentasie. As u na die boonste kieslys kyk (wat altyd beskikbaar is, insluitend op mobiele toestelle), kan u die hoofstruktuur sien wat die topvlakafdelings van die dokumentasiewebwerf wys. As jy op elke boonste kieslys item klik (probeer byvoorbeeld 'Gidse') dan aan die linkerkant, sal jy die lys subafdelings vir elke hoofafdeling sien. Gidse het baie onderwerpe van belang.

Wanneer jy 'n dokument oopmaak, sal jy aan die regterkant 'n 'Inhoudsopgawe' sien met klikbare navigasieskakels vir daardie dokument (probeer vir mobiele toestelle landskaporiëntasie). Vir lang dokumente, soos die Vrystelling Notas, laat die inhoudsopgawe jou toe om met gemak deur die dokument te beweeg. As jy 'n lang dokument lees en jy wil teruggaan na bo, druk Pg Up en jy sal 'n Terug na bo knoppie boaan die skerm sien verskyn.

Die hoofafdelings van die dokumentasiewebwerf is:

  • Gidse: wat spesifieke maniere dek om Rocky Linux op te stel en te gebruik.
  • Boeke: is meer gedetailleerde inligting gebaseer rondom 'n spesifieke area.
  • Labs: dit is 'terug skool toe', maar hierdie tutoriale sal jy geniet om te doen!
  • Juwele: deel 'n paar algemene wenke vir skrip of opdraggebruik hier.
  • Vrystelling Notas: dek Rocky Linux vrystelling notas en weergawe opdateringinligting.
  • Rocky Linux: amptelike webwerf tuisblad springskakel.

Veelvuldige Tale

By Rocky Linux wil ons die dokumentasiewebwerf so toeganklik moontlik maak vir almal — vertaling in verskillende tale is 'n belangrike deel daarvan. As jy op die (algemene simbool) taalkieser op die boonste kieslys klik, sal jy die tale sien waarin die webwerf beskikbaar is. Daar is twee dele hieraan:

  1. Webwerf koppelvlaklokalisering: as jy 'n ander taal kies, byvoorbeeld Français, sal jy daarop let dat die koppelvlak, byvoorbeeld die 'Volgende' en 'Vorige' navigators, gelokaliseer sal word.
  2. Inhoud: die vertaling van inhoud is 'n deurlopende (beduidende) taak. Nie alle inhoud is nog in alle tale vertaal nie. Enige bladsye wat vertaal is (in die gekose taal) sal in die gekose taal gesien word, dié wat nie vertaal is nie, sal terugval na die verstektaal Engels. As jy deur vertalings tot die gemeenskap wil bydra, sal die dokumentasiespan graag van jou hoor – sien hieronder vir besonderhede.

Neem kennis

Nie alle funksionaliteit is moontlik beskikbaar in alle tale nie, dit is 'n beperking van die beskikbare onderliggende MkDocs modules.

Gebruik Soek

As jy vinnig spesifieke inligting of dokumente wil vind, het die dokumentasiewebwerf volteks soekvermoë. Begin om in die 'Soek' inskrywingsveld in die boonste kieslysbalk te tik en die werf sal soekresultate gee.

Om 'n bladsy in die soekresultate oop te maak, klik (of tik op selfoon) op die verlangde bladsy in die lys wat vertoon word.

Eerste Keer

As dit jou eerste keer is dat jy die Rocky Linux Documentation werf besoek, is jy waarskynlik nuut by Rocky Linux en jy lus om dit te installeer! Geen probleem nie, spring na die Installeer Rocky Linux bladsy vir gedetailleerde instruksies.

As jy vashaak en 'n vraag het, is die Rocky Linux gemeenskap daar om te help. Besoek die gemeenskapsforum en jy kan vir oplossings soek of jou eie vrae aan die gemeenskap plaas.

Dra By

Het jy gevind dat iets vermis is? Het jy 'n fout gevind? Wonder jy hoe om 'n dokument van jou eie te skep, of hoe om dinge hier reg te stel? Onthou jy hoe ons gesê het dat jy die Rocky gemeenskap was? Dit beteken dat jy vir ons belangrik is en ons wil hê jy moet by ons aansluit, as jy wil, en help om hierdie dokumentasie beter te maak. As jy hierin belangstel, gaan na ons Bydraegids om uit te vind hoe jy dit kan doen!